Jou troue, veronderstel om een van die mooiste dae van jou lewe te wees. Ongelukkig bly meeste van ons se droom troue slegs dit – ‘n droom. Die kostes wat gepaardgaan met so ‘n TROUE is meeste van die tyd buite ons bereik. En dan voel dit soms om met ‘n klein begroting jou droom troue, of selfs net ‘n skaflike affere, te he soos om van ‘n padda vere te probeer pluk. Asof jy probeer om die onmoontlike te vermag.
Vandag wil ek met jou die goeie nuus deel – by Laughing Chefs Boersjiek kan ons amper amper wonderwerke laat gebeur!
Ons glo baie sterk daarin dat jou troudag nie julle (of jul ouers) in skuld moet dompel nie. Dit is die begin van jou en jou eggenoot se lewe saam, en niemand wil dit in die rooi begin nie. Ook wil jy nie jou erfporsie spandeer op een dag nie (of jou ouers in die rooi sit nie…). Wanneer ons voor ‘n paartjie sit is ons heel eerste prioriteit die paartjie self. Nie net wil ons verseker dat hul hele dag spesiaal is nie, maar ook dat die herinneringe van die dag hul met vreugde sal vul. Nie angs oor die lys van onbetaalde rekeninge nie. Om dit te vermag is nie maklik nie. Soms vat dit baie oortuiging om die paartjie tot ander insigte te bring. Natuurlik se ons nie nee vir werk nie, en ons wil he jou visie moet bewaarheid word, maar jou gaste gaan wrintie-waar nie agter kom dat julle nie ‘n ys-standbeeld van julle 2 daargehad het nie! So wat is ons “tips” om die mooiste dag te he, sonder om die bank te breek?
Hier is ons top 6:
- Stel vas wat julle totale begroting is – dit sluit alles in, van jou rok na die kos, die venue, ringe, alles wat met die troue te doen het. Wees baie eerlik oor jou verwagtinge, en neem jou maat se gevoelens (en sak) in ag. Kom ooreen dat julle binne die begroting sal bly, al moet julle sny aan nie-essensiele dienste of items. Vir ons as troubeplanners en venue maak dit ook ons werk makliker as ons presies weet wat ons het om meer te werk.
- Jou rok moet mooi en vleiend en spesiaal wees, maar dit hoef nie van ingevoerde satyn en handgemaakte kant te wees nie. Die diamante, kristalle, en perels hoef nie eg te wees nie. Jou gaste gaan tienteeneen nie die verskil kan sien nie, en jy gaan die rok 1 dag dra, vir ‘n paar ure. Om helfde van jou trou begroting te spandeer op ‘n rok is meeste van die tyd laf. Koop (of huur) ‘n rok waaroor jy mal is en vergeet van “wat die mense gaan se” – hulle is inelkgeval nie veronderstel om te weet wat die rok gekos het nie.
- Besluit eers op jou rok, en dan die venue. Of as jy al lankal jou hart op ‘n venue gesit het, kies ‘n rok wat daarby pas. Jou rok gee die styl, tema, en gevoel van die troue, en daarom moet jou rok en die venue met mekaar gesels.
- As daar 2 goed is waarop jy kan en moet spandeer, dan is dit die kos, en ‘n goeie fotograaf. Let bietjie op – as die kos sleg was op ‘n troue ervaar die gaste die troue as swak, onbeplan, onpersoonlik, of enige van die ander on-vleiende beskrywings. Laat die gaste lekker en genoeg eet en die troue is die beste waarby hulle al ooit was! Kos is een van die min goed wat die gaste definitef van bewus is. Jy kan nog wegkom met min dekor op jou tafels, gaste sal dit nie sommer oplet of kommentaar lewer nie. Maar slegte of te min kos… En dan jou fotograaf. Vir meeste van ons is ons troudag een groot blur. Na al die afwagting en spanning en en en vergeet ons om op te let en in te neem. So jaag die dag verby. Sonder mooi, tydlose, kwaliteit fotos het jy niks om die dag meer te onthou nie. By dit alles kan ‘n goeie fotograaf selfs die karingste venue soos ‘n kasteel laat lyk.
- Jou gastelys. Nooi jou naastes en bestes. As jy iemand vir die eerste keer gaan ontmoet op jou troudag, is dit regtig die moeite en geld werd om hulle te nooi? Met ons troue was die reël as ek jou in 3 jaar nie gesien het nie, en ons mekaar nie gelukwens op verjaarsdae nie dan word jy nie genooi nie. Dink mooi voor julle die wêreld en hul ouers nooi, elke gas kos geld. So verminder jy ook die kans dat mense sê hulle kom, maar dan of nie opdaag nie of ‘n swak verskoning het en kanseleer.
- Sny onnodige kostes. Hoekom vir elke gas ‘n dankie-sê geskenkie gee? Kry eerder mooi boksies waarin hulle troukoek kan huis toe neem, en skryf handgeskrewe dankie-sê briewe wat jy sommer op die dag kan gebruik as naamkaartjies. In plaas van wyn op die tafels, maak ‘n wyn-stasie waarvandaan of die kelners die gaste kan bedien of die gaste vir hulself kan skink. So verhoed jy dat jy aan die einde van die troue met ‘n klomp halwe oopgemaakte bottels sit waarmee jy niks kan doen nie. En jy betaal vir elke oopgemaakte bottle. Vra vir gegeurde water op die tafels (meeste venues doen dit inelkgeval) en bied ‘n verwelkomingsdrankie aan soos byvoorbeeld ystee of lemonade. Moenie vir elke gas koffie bestel en betaal nie. Vra die venue om eerder al die koffies op een rekening te laai wat julle dan aan die einde sal vereffen. So gereeld betaal die paartjie vir elke gas se koffie, en meer as helfde van die gaste drink dit nie eers nie. Haal nagereg uit en bedien die troukoek as nagereg. Of as jy regtig iets wil bedien as nagereg, gaan vir soet happies wat gaste met die hand kan eet terwyl hulle dans of rondkuier. Opgeskepte nageregte bly meeste van die tyd in die kombuis agter, veral as dit laat bedien word wanneer van die ouer gaste alreeds gery het.
‘n Klein begroting hoef nie die dood van jou droomtroue te wees nie, mits jy slim te werk gaan. Kom klop aan by die experts, ons sal jou mooi help om elke sent twee-keer om te draai!