• SERVICES
    • Wedding catering
    • Private cheffing (In-home entertainment)
    • Corporate catering
    • Baby showers and Kitchen teas
    • High Teas
    • Grazing Tables & Nibble Boards
    • Platters and Canapes
    • Cakes and Bakes
    • Gifts and Favours
    • Workshops and Team Building
  • BLOG
  • Gallery
  • CONTACT US
    • PRIVACY POLICY
Laughing Chefs
  • SERVICES
    • Wedding catering
    • Private cheffing (In-home entertainment)
    • Corporate catering
    • Baby showers and Kitchen teas
    • High Teas
    • Grazing Tables & Nibble Boards
    • Platters and Canapes
    • Cakes and Bakes
    • Gifts and Favours
    • Workshops and Team Building
  • BLOG
  • Gallery
  • CONTACT US
    • PRIVACY POLICY

Tag: Afrikaners

1 Articles
Laughing Chefs November 02, 2017

Afrikaners is plesierig

Ons kom uit ‘n groot familie. ‘n Baie groot, luidrugtige, erg emosionele familie. Boere-mense. Dis soms moeilik om buitestanders te oortuig dat ons vir mekaar lief is, en werklik van mekaar hou, want wat ookal ons voel, voel ons met oorgawe. As ons ongelukkig is weet die wêreld dit, en as ons kwaad is kan Wêreld Oorlog 3 net sowel uitgebreek het. Ons baklei maklik met mekaar, en dan vloei die trane. Maar ons maak ook weer maklik op, en dan is dit “smiles for days”. So erg as wat ons teen mekaar kan draai in ‘n geskil so vinnig en “fierce” kan ons saamstaan wanneer die aanslagte van buite kom. Ons klomp saam by ‘n begrafnis is nogals ‘n belewenis. Eers word daar staaltjies vertel van die oorledene, dan ‘n paar strydbyle weer opgegrawe voor ons die geliefde begrawe, dan huil almal so dat ons die Vaaldam weer kan vol kry, en dan begin die sports – terwyl almal anders (lees: nie-familie) die komkommertoebroodjies en vleisbolletjies eet word die afgestorwene se lewe gevier. Daar word gelag, soms gesing, as daar ‘n klavier is sal dit ook ingespan word. Die samekoms verander van ‘n tranedal na ‘n partytjie. Onsensitief? Glad nie. Soos ek genoem het, groot familie, baie emosioneel, regte Boeremense. Ons doen alles met oorgawe, van lief hê tot baklei. Lewe in oorgawe. En dit is dan ook hoe ek nog altyd dink oor ons liewe nasie. My bloed, my erfenis, my kultuur. Ons staan op wanneer nodig, ons baklei vir wat saak maak, en lag uit ons mae uit. Die sê-ding is nie verniet “Afrikaners is plesierig” nie. Ons is werklik plesierig, en ‘n plesier om om te wees.

Maar wat maak van ons Afrikaners, en Afrikaanses? Is ons uitkenmerke die hoeveelheid Khaki wat jy dra, hoe mooi jy jou “r’e” rol wanneer jy ingils praat, jou diep liefde vir rugby, of hoe lekker jy kan lang-arm sokkie op Adam en Kurt? Hopelik nie, want dan voldoen ek nie en is ek definitief nie ‘n Afrikaner, of Afrikaanse, nie! Ek is van mening dat dit wat ons anders maak ons unieke humorsin is. Ons kan die mees ernstige situasie benader met ‘n grappie of kommentaar wat ander sal ervaar as lighartig. Dit is ook dan ons manier om trauma te verwerk. Die vliegtuigwrak het nog nie eers afgekoel nie en daar sal reeds grappies wees oor valskermspring en Red Bull. Ons is vlymskerp, vinnig, en opreg. En ons hou van partytjies, dit kan jy glo! Wat ‘n plesier.

By Laughing Chefs Boersjiek probeer ons hierdie beeld trots uitdra. Ons is gemaklik, informeel, en altyd reg met ‘n grappie. Indien die ligterkant van die lewe nie vir jou is nie, en jy nie kan verstaan hoe mense enige situasie kan omskep in iets om oor te glimlag nie, dan hou liefs verby. Ons neem niks behalwe gasvryheid, sekuriteit (en gesondheid), en samesyn ernstig op nie. Daar is nie baie reëls of taboes nie, solank almal hulself geniet (en veilig is). Van die kinders tot die grootouers, almal moet net kan ontspan. Ons is plesierig, en wil graag hê dat jy plesierig saam met ons sal wees!

 

Laughing Chefs

Pretoria East


Esrida 0725114946
Maggie 0828237846

info@laughingchefs.co.za

Connect with us

 
 



 
 
 
Laughing Chefs Pretoria East caterers in South Africa

Sign up with your email address to receive news and info as it breaks. We promise we will never spam you, sell your info or forget that you are the reason we are doing this.

Plus you can unsubscribe anytime you want!
* = required field

powered by MailChimp!

What can we help you with?

  • SERVICES
    • Wedding catering
    • Private cheffing (In-home entertainment)
    • Corporate catering
    • Baby showers and Kitchen teas
    • High Teas
    • Grazing Tables & Nibble Boards
    • Platters and Canapes
    • Cakes and Bakes
    • Gifts and Favours
    • Workshops and Team Building
  • BLOG
  • Gallery
  • CONTACT US
    • PRIVACY POLICY

Previous posts

April 2021
M T W T F S S
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
2627282930  
« Aug    

Category Posts

  • Cool Groomsmen Gifts for a Hot Summer Wedding August 27, 2020
  • Why booking a private chef is the new going out, Laughing Chefs private chefs
    Why booking a private chef is the new going out July 30, 2020
  • How to plan a backyard wedding, Laughing Chefs caterers Pretoria East
    How to Plan a Backyard Wedding July 23, 2020
  • Laughing Chefs vouchers and gift cards, Pretoria caterers, wedding catering, celebration and event catering
    Vouchers and gift cards April 29, 2020

Sign up with your email address to receive news and info as it breaks. We promise we will never spam you, sell your info or forget that you are the reason we are doing this.

Plus you can unsubscribe anytime you want!
* = required field

powered by MailChimp!
Follow @https://twitter.com/LaughingEsrida
Pretoria East
Gauteng


Maggie 0828237846
Esrida 0725114946

info@laughingchefs.co.za


Get in touch!

    

Archives

Pages

  • Gallery
  • LAUGHING CHEFS
  • PRIVACY POLICY
  • SERVICES
    • Baby showers and Kitchen teas
    • Cakes and Bakes
    • Gifts and Favours
    • Grazing Tables & Nibble Boards
    • High Teas
    • Platters and Canapes
    • Workshops and Team Building
    • Private cheffing (In-home entertainment)
    • Corporate catering
    • Wedding catering
  • BLOG
  • CONTACT US
Theme by Bloompixel. Proudly Powered by WordPress
Stay in the loop - subscribe to our mailing list... it's FREE!
We promise we will never spam you, sell your info or forget that you are the reason we are doing this. Plus you can unsubscribe anytime you want!