• SERVICES
    • Wedding catering
    • Private cheffing (In-home entertainment)
    • Corporate catering
    • Baby showers and Kitchen teas
    • High Teas
    • Grazing Tables & Nibble Boards
    • Platters and Canapes
    • Cakes and Bakes
    • Gifts and Favours
    • Workshops and Team Building
  • BLOG
  • Gallery
  • CONTACT US
    • PRIVACY POLICY
Laughing Chefs
  • SERVICES
    • Wedding catering
    • Private cheffing (In-home entertainment)
    • Corporate catering
    • Baby showers and Kitchen teas
    • High Teas
    • Grazing Tables & Nibble Boards
    • Platters and Canapes
    • Cakes and Bakes
    • Gifts and Favours
    • Workshops and Team Building
  • BLOG
  • Gallery
  • CONTACT US
    • PRIVACY POLICY

Tag: Koestertafel

3 Articles
Laughing Chefs October 11, 2017

Van aangesig tot aangesig

Van aangesig tot aangesig met iemand praat

– ‘n persoonlike gesprek met iemand voer

Diegene wat ons nou al ken, behoort al te weet ons is mal oor sosiaal verkeer. Geselsies maak is een van ons gunsteling tydverdrywe. En nie net met die wie ons ken nie, sommer met enige iemand – die persoon agter jou in die ry by die poskantoor, in die dokter se spreekkamer, die Mamma wie ook haar kind kom optel. Sommer met enige iemand, en soms sommer met ‘n hele groep. Ons is vriendelik, gasvry, en (so glo ek) baie tegemoetkomend. Ons heg baie waarde aan verhoudings. Daarom is dit vir ons so belangrik om met enige kliënt, hetsy bestaande of voornemende, “face to face” te sit. Ja, ons het voorgestelde pakkette en klaar-uitgewerkte spyskaarte, maar ons doen met graagte ‘n kwotasie gebaseer op presies wat jy wil he, wie jou gaste is en wat jou begroting is. So word elke spyskaart, tafelplasing, dekor, en selfs drankie getweak om by jou funksie te pas. Elke geleentheid word dan as te ware uniek gehanteer, en sal daar nooit weer presies so ‘n funksie wees nie. Beteken dit dat ons pryse en spyskaarte uit ons duim suig? Natuurlik nie! Ons het riglyne, en idees (wat ons met graagte deel), en weet ook wat ons minimum is. By dit alles wil ons ook ‘n sekere beeld na buite gee, en daarom sal ons soms wegstap van ‘n funksie, of die organiseerders van iets anders probeer oortuig. Met dit alles in ag geneem kan ons dan voorstelle maak oor wat om in te sluit, hoe om jou gange en disse te kies, hoe om geld te bespaar, en uiteindelik hoe om ‘n groot sukses te hê.

So hoe werk die besprekings en kwotasie proses dan? En verskil die proses van een tipe geleentheid na die volgende? Nee, glad nie. Indien jy belangstel in ons dienste, stuur vir ons ‘n epos met jou datum, geskatte hoeveelheid gaste, asook tipe geleentheid. Ons antwoord gewoonlik binne 24uur, op die langste 48uur, gewoonlik met ‘n aangehegde dokument wat verduidelik hoe ons werk en ‘n paar spyskaart opsies gee. Ons sê dan ook of die datum nog beskikbaar is, asook watter van die venues beskikbaar is. Indien jou datum oop is, en jy hou van wat jy sien, dan maak jy ‘n afspraak om ons te kom sien. By ons aangekom kry jy gewoonlik ‘n vinnige toer van die fasiliteite en verskillende venues. Ons verduidelik vlugtig wat ons bied en wys vir jou ons tafels, stoele, linne, en dekor items wat beskikbaar is. Van aangesig tot aangesig sit ons dan en bespreek die hele affêre. Nou vra ons vrae soos: wat is jou begroting? Hoe formeel of informeel wil jy dit he? Is die groep kuier mense? Gaan julle wil dans? Is dit drinkers? Ens. Met al die antwoorde, en meer inligting rakende jul voorkeure (die een eet nie vis nie en daai ene is allergies, plus daar is ‘n vegetarier en iemand wie slegs halaal kos eet) werk ons dan ‘n spyskaart uit wat aan so veel as moontlik van jul vereistes voldoen. Indien ons nie die verwagting by die begroting kan uitbring nie sê ons ook dan eerlik so. Jy ontvang ‘n gedetaileerde kwotasie wat elke item uiteensit met die prys. Natuurlik is dit net die eerste kwotasie, en kan ons nog skaaf en verander soos nodig totdat jy, die kliënt, gelukkig is. Op die kwotasie sal die deposito inligting wees met die bankbesonderhede. ‘n Deposito word benodig om die datum en tyd vas te maak. Sodra dit gedoen is gee ons tyd tot en met 2 dae voor die funksie (en 10 dae voor die troue) om veranderinge te maak. Hierdie veranderinge sluit in gaste getalle, spyskaart keuse, tafelplasings, selfs venue indien die ander nog beskikbaar is. 2 Dae voor die funksie (en 10 dae voor die troue) reik ons die finale invoice uit, wat in totaal vereffen moet word voor die funksie begin. En dan doen ons die res.

So maklik soos uit ‘n boom val! Vir persoonlike, vriendelike diens, eienaars wie uit hul pad gaan om jou te akkommodeer en ‘n heerlike ontspanne atmosfeer kontak ons gerus vir navrae oor jou volgende geleentheid! In Ingels se ons graag “we aim to please, and we do it all, and always with a smile!”

Laughing Chefs October 04, 2017

Die kinders sit en tande tel

Die kinders van vandag. Blykbaar word hulle slim gebore. My oudste kon nog nie eers gepraat het nie toe weet sy al hoe om videos te speel op haar Oumagroot se foon, en speletjies op haar Ouma se foon. En nou met die tweede ene het ek dit bevestig – êrens in die moederskoot leer hulle al wat ‘n afstandbeheerder is, en word die liefde vir een gevestig. Want nie een van my tweetjies kan dit uitlos nie! Ons moderne kinders word net anders groot. Hulle word omring met tegnologie, wat nou weer sy eie uitdagings skep, in ‘n kultuur van gerieflikheid. Alles is vinning en hard en kleurvol en ons kinders word groot met die idee dat dit wat op ‘n skerm vertoon so na aan werklikheid is as wat dit kan kom. My kinders het my laat besef dat ons gejaagery eintlik niks laat vinniger gebeur nie. As te ware, hoe meer haas hoe minder spoed. Tog jaag ons voort. En dan wonder ons hoekom ons kinders soms dwarstrek.

Ek verlang na ‘n tyd toe kinders nog kinders kon wees. Toe hulle nie op 4 jaar oud gedwing geword het om in ‘n klaskamer te sit en leer nie. Toe hul vaardigheidsvlak nie afgehang het van hoe oulik hulle met Mamma en Pappa se rekenaar kan regkom nie. ‘n Tyd toe kinders kaalvoet geloop het tot Hoërskool toe, lees nie ‘n volksvreemde tydsverdryf was nie, en klim-en-klouter deel van hul daaglikse aktiwiteite was. As kinders het ons graag boom geklim, en moes ons gereeld ‘n grootmens nader roep om my jongste boetie uit die boom te kom help. Hy het altyd tot op die hoogste punt probeer klim, en kon dan nie self af nie. Sommige van vandag se ouers sou ‘n oorval gekry het – om voor ‘n skerm te sit is dan soveel veiliger! Dalk dra dit by tot ons kinders se liefde vir in die huis wees, ons moedig hulle nie noodwendig aan om buite te gaan speel nie. Of ons het nie ‘n buite nie. Baie van ons bly in klein hokkies sonder ‘n tuin, en die naaste parkie is gewoonlik vuil en onveilig. Oor naweke wil ons graag bietjie uitkom as ‘n gesin, en dan waar eindig ons op? By een of ander ketting-restaurant waar die kinders moet sit en tande tel. Of as ons gelukkig is by ‘n kinder-vriendelike restaurant, gewoonlik gekenmerk deur slegte diens, hoë pryse vir die gewone kos, en gewoonlik niks om oor huistoe te skryf nie. Maar tenminste kan die kinders hulself besig hou.

Nou hoekom hierdie lang storie? Want by Laughing Chefs Boersjiek het ons besluit om werklik kinder-vriendelik te wees. Ons bied veilige speelplek vir die kinders, hetsy op ons klimrame of die veldperk waar ons ook pieknieks hou. Ons twee klein hondjies, Ruby en Peppa, is die vriendelikheid vanself en mal oor kinders. Of eerder kinders is mal oor hulle. Ons kos is heerllik, vir beide jong sowel as ouer palette, ons pryse billik, en ons diens vriendelik! Wat meer wil jy dan hê? Oor naweke spits ons ons op die familie toe. Kom kuier gerus op ‘n Sondag vir ons Boerekos Koestertafel middagetes, en laat die kinders so ‘n bietjie kaalvoet rondhardloop. En wanneer hulle moeg gehardloop is kan hulle rustig sit en boeklees, of op ons tekenmuur hul kreatiwiteit uitleef. Die ouer lede van die gesin kan sit en kuier, oor ‘n glas wyn of ‘n koue bier, of die beste koffie in Pretoria Oos. Meeste Sondae harldoop my eie dogtertjie daar rond, kaalvoet en baie vuil. Met die honde agterna, en soms haar Ma ook! So al kom kuier julle nie vir die kos, geselskap, of uitstappie uit die stad, kom kuier dan vir die kinders se onthalwe. By ons sit hulle nooit net en tande tel nie!

Laughing Chefs September 20, 2017

Laughing Chefs

laughing chefs

Laughing Chefs. ‘n Wonderlike Ingelse besigheidsnaam vir ‘n Afrikaanse Ma, en dogter-span. Ongelukkig het ek, Esrida (dogter), skool gegaan in die tyd toe geskiedenis belangriker geword het as spelreels, en dus is my spelling in Afrikaans soms tragies slegs, soms histeries snaaks. Ek het geswot in Engels, so the tools of my trade (and their names) is in the foreign tongue. Magrieta, (Maggie – Mamma) kom uit die eeu waar klankleer nog deel van die kurrikulum was. Sy kry vreeslik skaam vir haar kind wat nie onderskeit kan tref tussen kruit en kryt, maar ek hou vol dit is nie my skuld nie – eerder ‘n tekortkoming wat net nog dui op die vlakheid van ons skoolsisteem.

Maar nou verloor ek die draad van hierdie storie. Ons is die Laughing Chefs. Die naam is gekies in Engels want Laggende Kokke klink meer soos iets wat ontsnap het uit die tronk eerder as ‘n suksesvolle besigheid. Laughing Chefs het ‘n lekker “ring to it” gehad. Die Laughing verwys na feesviering, genot, blydskap, en passie, en die Chefs na dit wat ons doen – ons kook! Vir jare het ons gekook in ons eie piepklein kombuis en dan gaan aflewer waar ookal ons dienste benodig was. Van taxi ranks na herehuise, ons het kans gesien vir enige iets. Toe begin ons kook in ander se kombuise – Private Cheffing soos dit nou bekend staan. Die het ons jare gelede al gedoen, nog voordat dit eers cool en ekslusief, en toe mainstream geword het. En toe besef ons ons groei te vinnig en te groot en kort dus groter spasie. So het ons restaurant geword, in Rietondale in die Moot. Daar het ons eers gekook! Nie net in die kombuis nie, maar ook as musiekteater, kunsgallery, pop-up restaurant en vele meer. Ons het tapas begin bedien voordat dit die “it” thing was en elke tweede restaurant hulself voorhou as tapas bar. Ons tapas klein gereggies met ‘n Suid Afrikaanse twist. Weereens is ons geseen en het die besigheid gegroei. Na 4 jaar was ons weereens reg vir groter en beter dinge. So trek ons op 1 Jul 2017 terug Pretoria Oos, en hier in Tierpoort het ons nou nes geskrop. Die dat ons nou so lekker Afrikaans kan praat.

Ons is terug in Pretoria Oos. Back to our roots, in meer as een aspek. As deel van die Bronberg-gemeenskap kook ons nou, in Afrikaans. Ons naam het ook vergroot, nou Laughing Chefs Boersjiek. Ons strewe om die gasvryheid, integriteit en reinheid (organies, seisonaal, vars) van ‘n verlore era te skep, met ‘n definitiewe ode aan ons boere-erfenis en kultuur. Boere, met ‘n stywe knippie sjiek daarby.

Ons is grootliks funksie venue, maar sal nooit ons tapas-sukses vergeet nie en dus bedien ons tapas platters vir middagetes. Verder is ons oop vir ontbyt Woe tot Sat, vanaf 9h, en Sondae doen ons ‘n heerlike Boerekos koestertafel! Ons spesialiseer in enige funskie, van trou tot doop, verjaarsdae, baba-tees en alles tussen-in. Plus ons het 4 dubbel kamers vir akkommodasie ook! Gasvryheid en persoonlike aandag bly ons sterkpunte. Om by ons te kom eet is om ons in te nooi in jou familie, want jy is alklaar aanvaar in ons sin. Laughing Chefs – steeds Ma en dogter, maar nou lag en kook ons in Afrikaans!

Laughing Chefs

Pretoria East


Esrida 0725114946
Maggie 0828237846

info@laughingchefs.co.za

Connect with us

 
 



 
 
 
Laughing Chefs Pretoria East caterers in South Africa

Sign up with your email address to receive news and info as it breaks. We promise we will never spam you, sell your info or forget that you are the reason we are doing this.

Plus you can unsubscribe anytime you want!
* = required field

powered by MailChimp!

What can we help you with?

  • SERVICES
    • Wedding catering
    • Private cheffing (In-home entertainment)
    • Corporate catering
    • Baby showers and Kitchen teas
    • High Teas
    • Grazing Tables & Nibble Boards
    • Platters and Canapes
    • Cakes and Bakes
    • Gifts and Favours
    • Workshops and Team Building
  • BLOG
  • Gallery
  • CONTACT US
    • PRIVACY POLICY

Previous posts

March 2021
M T W T F S S
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  
« Aug    

Category Posts

  • Cool Groomsmen Gifts for a Hot Summer Wedding August 27, 2020
  • Why booking a private chef is the new going out, Laughing Chefs private chefs
    Why booking a private chef is the new going out July 30, 2020
  • How to plan a backyard wedding, Laughing Chefs caterers Pretoria East
    How to Plan a Backyard Wedding July 23, 2020
  • Laughing Chefs vouchers and gift cards, Pretoria caterers, wedding catering, celebration and event catering
    Vouchers and gift cards April 29, 2020

Sign up with your email address to receive news and info as it breaks. We promise we will never spam you, sell your info or forget that you are the reason we are doing this.

Plus you can unsubscribe anytime you want!
* = required field

powered by MailChimp!
Follow @https://twitter.com/LaughingEsrida
Pretoria East
Gauteng


Maggie 0828237846
Esrida 0725114946

info@laughingchefs.co.za


Get in touch!

    

Archives

Pages

  • Gallery
  • LAUGHING CHEFS
  • PRIVACY POLICY
  • SERVICES
    • Baby showers and Kitchen teas
    • Cakes and Bakes
    • Gifts and Favours
    • Grazing Tables & Nibble Boards
    • High Teas
    • Platters and Canapes
    • Workshops and Team Building
    • Private cheffing (In-home entertainment)
    • Corporate catering
    • Wedding catering
  • BLOG
  • CONTACT US
Theme by Bloompixel. Proudly Powered by WordPress
Stay in the loop - subscribe to our mailing list... it's FREE!
We promise we will never spam you, sell your info or forget that you are the reason we are doing this. Plus you can unsubscribe anytime you want!