• SERVICES
    • Wedding catering
    • Private cheffing (In-home entertainment)
    • Corporate catering
    • Baby showers and Kitchen teas
    • High Teas
    • Grazing Tables & Nibble Boards
    • Platters and Canapes
    • Cakes and Bakes
    • Gifts and Favours
    • Workshops and Team Building
  • BLOG
  • Gallery
  • CONTACT US
    • PRIVACY POLICY
Laughing Chefs
  • SERVICES
    • Wedding catering
    • Private cheffing (In-home entertainment)
    • Corporate catering
    • Baby showers and Kitchen teas
    • High Teas
    • Grazing Tables & Nibble Boards
    • Platters and Canapes
    • Cakes and Bakes
    • Gifts and Favours
    • Workshops and Team Building
  • BLOG
  • Gallery
  • CONTACT US
    • PRIVACY POLICY

Tag: Trou

5 Articles
Laughing Chefs February 16, 2018

Elopement

Elopement. Colloquially defined as running away to get married, usually done in secret and more often than not assumed to sprout from a forbidden relationship. The word has a very strong negative associated, so strong that you are forgiven to forget that elopement can also mean spontaneity, impulsiveness, and unbounded joy. Sometimes, a moment of love can get so big so fast that all you can do is get married, because that is the only way that you can express how much you love the other person. Of course I am implying that marriage is the only way that you can show someone how much you love them. But getting married does have its own magic, and brings a certain feeling of contentment with it. I guess that is why the instant-wedding trade in Las Vegas is booming!

30

 

But back to eloping. Elopement does not always occur on the whim, sometimes couples plan months in advance. They plan the day as they would a traditional wedding, they just don’t send invites out. If they do tell people about their plans, and even if they invite guests, it is usually a very small number compared to the more mainstream weddings. I would say less than 10 guests in total. Usually the parents, siblings, and best friends. Often, the ceremony is similar to a “normal” ceremony, the couple exchanges rings and vows and everything we have come to know as the rites of marriage, and the reception is then still held afterwards. This reception, because it is usually a very small group, can be held in someone’s home, at a restaurant, or even catered for at an intimate venue. It will all depend on the couple.

 

I always thought eloping was romantic. Finding someone you wanted so spend the rest of your life with, not wanting to wait months for an available date to get married on, saving all that money so that you can invite a large group of people, spending all of that money… versus eloping – deciding you want to get married, finding your nearest court building, handing in the necessary paperwork, and that is that! Saying your I Do’s and then breaking the news afterwards. You can always have a big party after the fact, where you can invite all your family and friends, to celebrate you becoming husband and wife. It can still be special, maybe even more so since you eliminate the chance of family fights, wedding debt, and other issues that seem to always arise when you are planning your wedding.

We have done our fair share of “elopements” – couples who got married in court, then celebrated with a small handful of guests afterwards. In most of the cases it was not because the family didn’t like the partner, or didn’t approve of the match, or even because they didn’t have enough money to have a big wedding. For some people the glitz and glamour, or extra work, or attention, of spending of unnecessary money is exactly that, unnecessary. They want something small, intimate, and fast. For them it is about the marriage that follows, not the wedding itself. In other cases, their situations have changed drastically and quickly, leaving them no time to plan or wait for months. They need to get married within the week, stripping them of the chance to have the big wedding.

No matter what your reasons are, everybody should be able to have the wedding day that they would like to have. If you want to get married in court, with no hoohah then please do. If you would like to have the more traditional wedding but have no time or money, then there should be an alternative to getting hitched in court by a judge. We want to offer that alternative – a wedding venue for a 1-2-3 wedding. 1 – you pick the date and time so we can arrange the person who can legally marry you, 2 – you let us know how many guests to expect so we can invoice you, 3 – after paying the invoice you merely show up. What will you get? A forest chapel beautifully decorated, a person to marry you, beautifully set tables with flowers and centre pieces, a 3 course meal, sparkling wine for your toast, a bouquet for yourself, and a boutonniere for your partner. We can arrange the photographer as well. Want a wedding cake? No problem, we can quote on that too. In and out in less than 3 hours, you arrive as a Miss and leave a Mrs! And the price? Should you be interested, or want more info, send us an email to find out more.

Laughing Chefs Boersjiek wedding banners website Feb 2018 (2)

Laughing Chefs September 29, 2017

Van ‘n padda vere probeer pluk

Jou troue, veronderstel om een van die mooiste dae van jou lewe te wees. Ongelukkig bly meeste van ons se droom troue slegs dit – ‘n droom. Die kostes wat gepaardgaan met so ‘n TROUE is meeste van die tyd buite ons bereik. En dan voel dit soms om met ‘n klein begroting jou droom troue, of selfs net ‘n skaflike affere, te he soos om van ‘n padda vere te probeer pluk. Asof jy probeer om die onmoontlike te vermag.

Vandag wil ek met jou die goeie nuus deel – by Laughing Chefs Boersjiek kan ons amper amper wonderwerke laat gebeur!

Ons glo baie sterk daarin dat jou troudag nie julle (of jul ouers) in skuld moet dompel nie. Dit is die begin van jou en jou eggenoot se lewe saam, en niemand wil dit in die rooi begin nie. Ook wil jy nie jou erfporsie spandeer op een dag nie (of jou ouers in die rooi sit nie…). Wanneer ons voor ‘n paartjie sit is ons heel eerste prioriteit die paartjie self. Nie net wil ons verseker dat hul hele dag spesiaal is nie, maar ook dat die herinneringe van die dag hul met vreugde sal vul. Nie angs oor die lys van onbetaalde rekeninge nie. Om dit te vermag is nie maklik nie. Soms vat dit baie oortuiging om die paartjie tot ander insigte te bring. Natuurlik se ons nie nee vir werk nie, en ons wil he jou visie moet bewaarheid word, maar jou gaste gaan wrintie-waar nie agter kom dat julle nie ‘n ys-standbeeld van julle 2 daargehad het nie! So wat is ons “tips” om die mooiste dag te he, sonder om die bank te breek?

Hier is ons top 6:

  1. Stel vas wat julle totale begroting is – dit sluit alles in, van jou rok na die kos, die venue, ringe, alles wat met die troue te doen het. Wees baie eerlik oor jou verwagtinge, en neem jou maat se gevoelens (en sak) in ag. Kom ooreen dat julle binne die begroting sal bly, al moet julle sny aan nie-essensiele dienste of items. Vir ons as troubeplanners en venue maak dit ook ons werk makliker as ons presies weet wat ons het om meer te werk.
  2. Jou rok moet mooi en vleiend en spesiaal wees, maar dit hoef nie van ingevoerde satyn en handgemaakte kant te wees nie. Die diamante, kristalle, en perels hoef nie eg te wees nie. Jou gaste gaan tienteeneen nie die verskil kan sien nie, en jy gaan die rok 1 dag dra, vir ‘n paar ure. Om helfde van jou trou begroting te spandeer op ‘n rok is meeste van die tyd laf. Koop (of huur) ‘n rok waaroor jy mal is en vergeet van “wat die mense gaan se” – hulle is inelkgeval nie veronderstel om te weet wat die rok gekos het nie.
  3. Besluit eers op jou rok, en dan die venue. Of as jy al lankal jou hart op ‘n venue gesit het, kies ‘n rok wat daarby pas. Jou rok gee die styl, tema, en gevoel van die troue, en daarom moet jou rok en die venue met mekaar gesels.
  4. As daar 2 goed is waarop jy kan en moet spandeer, dan is dit die kos, en ‘n goeie fotograaf. Let bietjie op – as die kos sleg was op ‘n troue ervaar die gaste die troue as swak, onbeplan, onpersoonlik, of enige van die ander on-vleiende beskrywings. Laat die gaste lekker en genoeg eet en die troue is die beste waarby hulle al ooit was! Kos is een van die min goed wat die gaste definitef van bewus is. Jy kan nog wegkom met min dekor op jou tafels, gaste sal dit nie sommer oplet of kommentaar lewer nie. Maar slegte of te min kos… En dan jou fotograaf. Vir meeste van ons is ons troudag een groot blur. Na al die afwagting en spanning en en en vergeet ons om op te let en in te neem. So jaag die dag verby. Sonder mooi, tydlose, kwaliteit fotos het jy niks om die dag meer te onthou nie. By dit alles kan ‘n goeie fotograaf selfs die karingste venue soos ‘n kasteel laat lyk.
  5. Jou gastelys. Nooi jou naastes en bestes. As jy iemand vir die eerste keer gaan ontmoet op jou troudag, is dit regtig die moeite en geld werd om hulle te nooi? Met ons troue was die reël as ek jou in 3 jaar nie gesien het nie, en ons mekaar nie gelukwens op verjaarsdae nie dan word jy nie genooi nie. Dink mooi voor julle die wêreld en hul ouers nooi, elke gas kos geld. So verminder jy ook die kans dat mense sê hulle kom, maar dan of nie opdaag nie of ‘n swak verskoning het en kanseleer.
  6. Sny onnodige kostes. Hoekom vir elke gas ‘n dankie-sê geskenkie gee? Kry eerder mooi boksies waarin hulle troukoek kan huis toe neem, en skryf handgeskrewe dankie-sê briewe wat jy sommer op die dag kan gebruik as naamkaartjies. In plaas van wyn op die tafels, maak ‘n wyn-stasie waarvandaan of die kelners die gaste kan bedien of die gaste vir hulself kan skink. So verhoed jy dat jy aan die einde van die troue met ‘n klomp halwe oopgemaakte bottels sit waarmee jy niks kan doen nie. En jy betaal vir elke oopgemaakte bottle. Vra vir gegeurde water op die tafels (meeste venues doen dit inelkgeval) en bied ‘n verwelkomingsdrankie aan soos byvoorbeeld ystee of lemonade. Moenie vir elke gas koffie bestel en betaal nie. Vra die venue om eerder al die koffies op een rekening te laai wat julle dan aan die einde sal vereffen. So gereeld betaal die paartjie vir elke gas se koffie, en meer as helfde van die gaste drink dit nie eers nie. Haal nagereg uit en bedien die troukoek as nagereg. Of as jy regtig iets wil bedien as nagereg, gaan vir soet happies wat gaste met die hand kan eet terwyl hulle dans of rondkuier. Opgeskepte nageregte bly meeste van die tyd in die kombuis agter, veral as dit laat bedien word wanneer van die ouer gaste alreeds gery het.

‘n Klein begroting hoef nie die dood van jou droomtroue te wees nie, mits jy slim te werk gaan. Kom klop aan by die experts, ons sal jou mooi help om elke sent twee-keer om te draai!

Laughing Chefs September 27, 2017

Deur skade en skande word ’n mens wys

Die lewe is ‘n reis, ‘n avontuur, en ‘n leerskool. En weet ons dit nie! Laughing Chefs het amper ‘n dekade terug formeel tot stand gekom. Eers het ons net gespeel, en toe baie ernstig besigheid begin bou. Vanuit Magrieta se kombuis het ons vir groter besighede, meer mense, langer tye, en so bietjie meer geld, begin kook. Kook het toe verander in kook-en-beplan, en toe sommer ook huur-dit-in en maak-dat-self. So eindig ons op om groot funksies en feesvieringe te beplan, op te stel, behartig en te beman, en weer af te breek. En ons maak die kos en drankies ook so tussen in! Van blomme tot uitnodigings, spesiale klankbane na dansbane, ons reel en huur en bou. Ons kook en bak en brou, en met groot funksies waar ons die kroeg ook behartig shake en stir ons so tussenin ook. Dit was lekker tye, moeilike tye, vrugbare tye. Ons het so baie hoogtepunte gehad (en ‘n paar laagtepunte…) en sulke lekker herinneringe. Vir meer as 4 jaar jaag ons so rond, doen alles, en hopelik alles goed. Ons leer en word wyser, want elke nuwe funksie, nuwe kwotasie, nuwe klient, is nog ‘n geleentheid om ons self te vestig as kenners op ons gebied. Selfs die paar oepsies wat ons gehad het (die laagtepunte) kon ons iets uit neem om seker te maak dit gebeur nie weer nie. Mens leer mos uit jou foute!

Soos ons gegroei het het ons vel te klein geword (ons het letterlik uit ons nate gebars! Ons toerusting het die wêreld vol gestaan want die kaste en store was vol!) en moes ons ‘n nuwe tuiste soek. En daar kry ons die restaurant in Soutpansbergweg. Nou daar het ons gewerk! Nie net gekook en gebak en geshake en gestir nie, ons het gepaint en verkoop (was kunsgallery asook kunsklas-venue), musiek gemaak en vertonings aangebied (van ons land se bestes was op ons verhoog), werkswinkels, fondsinsamelings, afskeidsetes, troues, en nog meer. Niks was te veel nie. Hier en daar het ons van ons vorige ondervinding gebruik, en die res so on the job geleer. Kennis is mos ‘n landery – as jy nie ploeg nie sal jy nooit kan pluk nie! Ploeg het ons geploeg (soms ook maar geswoeg!) en ons kennis het gegroei.

Ons reis was nog nie verby nie, ons eindbestemming toe nog nie eers in sig nie! Die restaurant het te klein geword, of Suid Afrika se ekonomie het te uitdagend geword, maar ons voete het gejeuk vir die volgende uitdaging. En nou het ons hom. Dit lyk asof ons avontuur nou eers werklik begin het, en ons wil dit graag met julle deel. Hier in Tierpoort ploeg ons weer. Nou leer ons hoe om beddens op te maak (gastehuis) en vure te bou (lekker kuier-boma met ‘n vuurpit in die middel) en lam van ‘n spit af te sny. Gelukkig hoef niemand ons te leer hoe om lekker boerekos te maak nie! Maar een ding wat almal van verseker kan wees, die lesse wat ons al geleer het het ons goed geleer. Net ‘n donkie né, en ons is g’n donkies nie. Ons sien ons self as experts op van die gebiede, en is seker ons aanhangers kan saamstem – deur skade en skande word ‘n mens wys. Skade het ons al baie gehad, van weerligstrale wat alles uitslaan na ‘n week lange kragonderbreking. Skande weet ons minder van, en mag dit so bly. Gelukkig het ons nie die skande nodig gehad om wys te word nie! Kom klop aan ons deur, kry ons expert opinie, en sommer ‘n kwotasie daarby, vir jou volgende belangrike byeenkoms, viering, of werksgeleentheid. Maak gebruik van ons jare se ondervinding, ons netwerk van verskaffers, en ons oneindige goeie idees!

Laughing Chefs September 21, 2017

Trou is nie perdekoop nie

Trou is nie perdekoop nie, betekende dat trou ‘n baie ernstige stap is, een wat definitief nie sommer ligtelik geneem moet word nie. Trou is vir hou, en daarom is dit so belangrik dat jou troudag jou mooiste dag sal wees. Iets om na terug te kyk en net geluk te voel. In vandag se kits-lewe, waar alles en almal verby jou jaag, is dit soms moeilik om die tyd (en energie) te vind om werklik aandag te gee aan die beplanning en uitvoering van jou droom troue, wat nog te praat van die ekonomiese las wat dit op meeste jong paartjies plaas. Verby is die dae toe Pappa vir alles moes (en kon) betaal, in vandag se tyd is dit algemeen die paartjie wie betaal. Met min tyd, min geld, en min lus sukkel so baie bruide om die prentjie wat hulle in hul kop visualiseer ‘n werklikheid te maak. So baie paartjies reken dit werk goedkoper uit om alles self te doen, vergetende dat selfs klein foute en probleempies kan lei tot duur skoolgeld betaal! Ek se altyd, die eerste troue wat jy beplan verloop nooit seepglad nie, so hoekom die kans vat dat dit jou eie is? Dit is vir juis hierdie rede dat dit meeste van die tyd geld spaar deur iemand professioneel in te kry. ‘n Wedding planner – klink baie meer fancy as wat dit werklik is. Die persoon doen presies wat die posbeskrywing sê – hy/sy beplan jou troue. Dit kan alles insluit vanaf venue soek, rok uitkies, en spyskaart saamstel tot tema, kleurskema, en wittebrood beplanning. Nie net maak jy gebruik van die persoon se expertise en ondervinding nie, maar ook van hul netwerk van verskaffers en kontakte, en baie dikwels beteken dit dat jy dienste en dinge teen ‘n beter prys kan bekom. Op die dag is hulle aan jou sy om seker te maak dat alles van die venue tot jou rok, jou aanstaande se klere tot die troukar, eksieperfeksie en op tyd is. So is daar iemand wie onmiddelik kan reageer indien iets verkeerd loop – hulle staan altyd reg met ‘n plan B, net vir ingeval. Ja dit kom natuurlik teen ‘n prys, maar al die slaaplose nagte, mislukte pogings, vriendskappe wat deurloop, ens. wat jy vry spring inaggeneem is die prys gewoonlik nie te duur nie.

Trou is nie perdekoop nie, en om die troue te beplan definitief ook nie! Gee liefs oor aan iemand vir wie jy net die opdragte kan deurgee en hulle voer dit uit. En dit terwyl hulle die hele tyd verseker dat alles seepglad verloop. After all, dit is nie hul eerste troue nie…

Laughing Chefs doen “wedding planning”, by ons eie venue sowel as by ander venues. Ons het die nodige kontakte en ondervinding om alles vir jou te reë1241l, insluitende die blomme, dekor, verhurings, volledige spyskaart, musiek, fotograaf, ens. Ons pryse word bepaal op ‘n glyskaal en word beïnvloed deur hoeveel van ons dienste jy gebruik van wil maak. Maar gemoedsrus het mos nie ‘n price tag nie!

Laughing Chefs September 20, 2017

Laughing Chefs

laughing chefs

Laughing Chefs. ‘n Wonderlike Ingelse besigheidsnaam vir ‘n Afrikaanse Ma, en dogter-span. Ongelukkig het ek, Esrida (dogter), skool gegaan in die tyd toe geskiedenis belangriker geword het as spelreels, en dus is my spelling in Afrikaans soms tragies slegs, soms histeries snaaks. Ek het geswot in Engels, so the tools of my trade (and their names) is in the foreign tongue. Magrieta, (Maggie – Mamma) kom uit die eeu waar klankleer nog deel van die kurrikulum was. Sy kry vreeslik skaam vir haar kind wat nie onderskeit kan tref tussen kruit en kryt, maar ek hou vol dit is nie my skuld nie – eerder ‘n tekortkoming wat net nog dui op die vlakheid van ons skoolsisteem.

Maar nou verloor ek die draad van hierdie storie. Ons is die Laughing Chefs. Die naam is gekies in Engels want Laggende Kokke klink meer soos iets wat ontsnap het uit die tronk eerder as ‘n suksesvolle besigheid. Laughing Chefs het ‘n lekker “ring to it” gehad. Die Laughing verwys na feesviering, genot, blydskap, en passie, en die Chefs na dit wat ons doen – ons kook! Vir jare het ons gekook in ons eie piepklein kombuis en dan gaan aflewer waar ookal ons dienste benodig was. Van taxi ranks na herehuise, ons het kans gesien vir enige iets. Toe begin ons kook in ander se kombuise – Private Cheffing soos dit nou bekend staan. Die het ons jare gelede al gedoen, nog voordat dit eers cool en ekslusief, en toe mainstream geword het. En toe besef ons ons groei te vinnig en te groot en kort dus groter spasie. So het ons restaurant geword, in Rietondale in die Moot. Daar het ons eers gekook! Nie net in die kombuis nie, maar ook as musiekteater, kunsgallery, pop-up restaurant en vele meer. Ons het tapas begin bedien voordat dit die “it” thing was en elke tweede restaurant hulself voorhou as tapas bar. Ons tapas klein gereggies met ‘n Suid Afrikaanse twist. Weereens is ons geseen en het die besigheid gegroei. Na 4 jaar was ons weereens reg vir groter en beter dinge. So trek ons op 1 Jul 2017 terug Pretoria Oos, en hier in Tierpoort het ons nou nes geskrop. Die dat ons nou so lekker Afrikaans kan praat.

Ons is terug in Pretoria Oos. Back to our roots, in meer as een aspek. As deel van die Bronberg-gemeenskap kook ons nou, in Afrikaans. Ons naam het ook vergroot, nou Laughing Chefs Boersjiek. Ons strewe om die gasvryheid, integriteit en reinheid (organies, seisonaal, vars) van ‘n verlore era te skep, met ‘n definitiewe ode aan ons boere-erfenis en kultuur. Boere, met ‘n stywe knippie sjiek daarby.

Ons is grootliks funksie venue, maar sal nooit ons tapas-sukses vergeet nie en dus bedien ons tapas platters vir middagetes. Verder is ons oop vir ontbyt Woe tot Sat, vanaf 9h, en Sondae doen ons ‘n heerlike Boerekos koestertafel! Ons spesialiseer in enige funskie, van trou tot doop, verjaarsdae, baba-tees en alles tussen-in. Plus ons het 4 dubbel kamers vir akkommodasie ook! Gasvryheid en persoonlike aandag bly ons sterkpunte. Om by ons te kom eet is om ons in te nooi in jou familie, want jy is alklaar aanvaar in ons sin. Laughing Chefs – steeds Ma en dogter, maar nou lag en kook ons in Afrikaans!

Laughing Chefs

Pretoria East


Esrida 0725114946
Maggie 0828237846

info@laughingchefs.co.za

Connect with us

 
 



 
 
 
Laughing Chefs Pretoria East caterers in South Africa

Sign up with your email address to receive news and info as it breaks. We promise we will never spam you, sell your info or forget that you are the reason we are doing this.

Plus you can unsubscribe anytime you want!
* = required field

powered by MailChimp!

What can we help you with?

  • SERVICES
    • Wedding catering
    • Private cheffing (In-home entertainment)
    • Corporate catering
    • Baby showers and Kitchen teas
    • High Teas
    • Grazing Tables & Nibble Boards
    • Platters and Canapes
    • Cakes and Bakes
    • Gifts and Favours
    • Workshops and Team Building
  • BLOG
  • Gallery
  • CONTACT US
    • PRIVACY POLICY

Previous posts

January 2021
M T W T F S S
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031
« Aug    

Category Posts

  • Cool Groomsmen Gifts for a Hot Summer Wedding August 27, 2020
  • Why booking a private chef is the new going out, Laughing Chefs private chefs
    Why booking a private chef is the new going out July 30, 2020
  • How to plan a backyard wedding, Laughing Chefs caterers Pretoria East
    How to Plan a Backyard Wedding July 23, 2020
  • Laughing Chefs vouchers and gift cards, Pretoria caterers, wedding catering, celebration and event catering
    Vouchers and gift cards April 29, 2020

Sign up with your email address to receive news and info as it breaks. We promise we will never spam you, sell your info or forget that you are the reason we are doing this.

Plus you can unsubscribe anytime you want!
* = required field

powered by MailChimp!
Follow @https://twitter.com/LaughingEsrida
Pretoria East
Gauteng


Maggie 0828237846
Esrida 0725114946

info@laughingchefs.co.za


Get in touch!

    

Archives

Pages

  • Gallery
  • LAUGHING CHEFS
  • PRIVACY POLICY
  • SERVICES
    • Baby showers and Kitchen teas
    • Cakes and Bakes
    • Gifts and Favours
    • Grazing Tables & Nibble Boards
    • High Teas
    • Platters and Canapes
    • Workshops and Team Building
    • Private cheffing (In-home entertainment)
    • Corporate catering
    • Wedding catering
  • BLOG
  • CONTACT US
Theme by Bloompixel. Proudly Powered by WordPress
Stay in the loop - subscribe to our mailing list... it's FREE!
We promise we will never spam you, sell your info or forget that you are the reason we are doing this. Plus you can unsubscribe anytime you want!