• SERVICES
    • Wedding catering
    • Private cheffing (In-home entertainment)
    • Corporate catering
    • Baby showers and Kitchen teas
    • High Teas
    • Grazing Tables & Nibble Boards
    • Platters and Canapes
    • Cakes and Bakes
    • Gifts and Favours
    • Workshops and Team Building
  • BLOG
  • Gallery
  • CONTACT US
    • PRIVACY POLICY
Laughing Chefs
  • SERVICES
    • Wedding catering
    • Private cheffing (In-home entertainment)
    • Corporate catering
    • Baby showers and Kitchen teas
    • High Teas
    • Grazing Tables & Nibble Boards
    • Platters and Canapes
    • Cakes and Bakes
    • Gifts and Favours
    • Workshops and Team Building
  • BLOG
  • Gallery
  • CONTACT US
    • PRIVACY POLICY

Tag: Verjaardag

2 Articles
Laughing Chefs September 27, 2017

Deur skade en skande word ’n mens wys

Die lewe is ‘n reis, ‘n avontuur, en ‘n leerskool. En weet ons dit nie! Laughing Chefs het amper ‘n dekade terug formeel tot stand gekom. Eers het ons net gespeel, en toe baie ernstig besigheid begin bou. Vanuit Magrieta se kombuis het ons vir groter besighede, meer mense, langer tye, en so bietjie meer geld, begin kook. Kook het toe verander in kook-en-beplan, en toe sommer ook huur-dit-in en maak-dat-self. So eindig ons op om groot funksies en feesvieringe te beplan, op te stel, behartig en te beman, en weer af te breek. En ons maak die kos en drankies ook so tussen in! Van blomme tot uitnodigings, spesiale klankbane na dansbane, ons reel en huur en bou. Ons kook en bak en brou, en met groot funksies waar ons die kroeg ook behartig shake en stir ons so tussenin ook. Dit was lekker tye, moeilike tye, vrugbare tye. Ons het so baie hoogtepunte gehad (en ‘n paar laagtepunte…) en sulke lekker herinneringe. Vir meer as 4 jaar jaag ons so rond, doen alles, en hopelik alles goed. Ons leer en word wyser, want elke nuwe funksie, nuwe kwotasie, nuwe klient, is nog ‘n geleentheid om ons self te vestig as kenners op ons gebied. Selfs die paar oepsies wat ons gehad het (die laagtepunte) kon ons iets uit neem om seker te maak dit gebeur nie weer nie. Mens leer mos uit jou foute!

Soos ons gegroei het het ons vel te klein geword (ons het letterlik uit ons nate gebars! Ons toerusting het die wêreld vol gestaan want die kaste en store was vol!) en moes ons ‘n nuwe tuiste soek. En daar kry ons die restaurant in Soutpansbergweg. Nou daar het ons gewerk! Nie net gekook en gebak en geshake en gestir nie, ons het gepaint en verkoop (was kunsgallery asook kunsklas-venue), musiek gemaak en vertonings aangebied (van ons land se bestes was op ons verhoog), werkswinkels, fondsinsamelings, afskeidsetes, troues, en nog meer. Niks was te veel nie. Hier en daar het ons van ons vorige ondervinding gebruik, en die res so on the job geleer. Kennis is mos ‘n landery – as jy nie ploeg nie sal jy nooit kan pluk nie! Ploeg het ons geploeg (soms ook maar geswoeg!) en ons kennis het gegroei.

Ons reis was nog nie verby nie, ons eindbestemming toe nog nie eers in sig nie! Die restaurant het te klein geword, of Suid Afrika se ekonomie het te uitdagend geword, maar ons voete het gejeuk vir die volgende uitdaging. En nou het ons hom. Dit lyk asof ons avontuur nou eers werklik begin het, en ons wil dit graag met julle deel. Hier in Tierpoort ploeg ons weer. Nou leer ons hoe om beddens op te maak (gastehuis) en vure te bou (lekker kuier-boma met ‘n vuurpit in die middel) en lam van ‘n spit af te sny. Gelukkig hoef niemand ons te leer hoe om lekker boerekos te maak nie! Maar een ding wat almal van verseker kan wees, die lesse wat ons al geleer het het ons goed geleer. Net ‘n donkie né, en ons is g’n donkies nie. Ons sien ons self as experts op van die gebiede, en is seker ons aanhangers kan saamstem – deur skade en skande word ‘n mens wys. Skade het ons al baie gehad, van weerligstrale wat alles uitslaan na ‘n week lange kragonderbreking. Skande weet ons minder van, en mag dit so bly. Gelukkig het ons nie die skande nodig gehad om wys te word nie! Kom klop aan ons deur, kry ons expert opinie, en sommer ‘n kwotasie daarby, vir jou volgende belangrike byeenkoms, viering, of werksgeleentheid. Maak gebruik van ons jare se ondervinding, ons netwerk van verskaffers, en ons oneindige goeie idees!

Laughing Chefs September 20, 2017

Laughing Chefs

laughing chefs

Laughing Chefs. ‘n Wonderlike Ingelse besigheidsnaam vir ‘n Afrikaanse Ma, en dogter-span. Ongelukkig het ek, Esrida (dogter), skool gegaan in die tyd toe geskiedenis belangriker geword het as spelreels, en dus is my spelling in Afrikaans soms tragies slegs, soms histeries snaaks. Ek het geswot in Engels, so the tools of my trade (and their names) is in the foreign tongue. Magrieta, (Maggie – Mamma) kom uit die eeu waar klankleer nog deel van die kurrikulum was. Sy kry vreeslik skaam vir haar kind wat nie onderskeit kan tref tussen kruit en kryt, maar ek hou vol dit is nie my skuld nie – eerder ‘n tekortkoming wat net nog dui op die vlakheid van ons skoolsisteem.

Maar nou verloor ek die draad van hierdie storie. Ons is die Laughing Chefs. Die naam is gekies in Engels want Laggende Kokke klink meer soos iets wat ontsnap het uit die tronk eerder as ‘n suksesvolle besigheid. Laughing Chefs het ‘n lekker “ring to it” gehad. Die Laughing verwys na feesviering, genot, blydskap, en passie, en die Chefs na dit wat ons doen – ons kook! Vir jare het ons gekook in ons eie piepklein kombuis en dan gaan aflewer waar ookal ons dienste benodig was. Van taxi ranks na herehuise, ons het kans gesien vir enige iets. Toe begin ons kook in ander se kombuise – Private Cheffing soos dit nou bekend staan. Die het ons jare gelede al gedoen, nog voordat dit eers cool en ekslusief, en toe mainstream geword het. En toe besef ons ons groei te vinnig en te groot en kort dus groter spasie. So het ons restaurant geword, in Rietondale in die Moot. Daar het ons eers gekook! Nie net in die kombuis nie, maar ook as musiekteater, kunsgallery, pop-up restaurant en vele meer. Ons het tapas begin bedien voordat dit die “it” thing was en elke tweede restaurant hulself voorhou as tapas bar. Ons tapas klein gereggies met ‘n Suid Afrikaanse twist. Weereens is ons geseen en het die besigheid gegroei. Na 4 jaar was ons weereens reg vir groter en beter dinge. So trek ons op 1 Jul 2017 terug Pretoria Oos, en hier in Tierpoort het ons nou nes geskrop. Die dat ons nou so lekker Afrikaans kan praat.

Ons is terug in Pretoria Oos. Back to our roots, in meer as een aspek. As deel van die Bronberg-gemeenskap kook ons nou, in Afrikaans. Ons naam het ook vergroot, nou Laughing Chefs Boersjiek. Ons strewe om die gasvryheid, integriteit en reinheid (organies, seisonaal, vars) van ‘n verlore era te skep, met ‘n definitiewe ode aan ons boere-erfenis en kultuur. Boere, met ‘n stywe knippie sjiek daarby.

Ons is grootliks funksie venue, maar sal nooit ons tapas-sukses vergeet nie en dus bedien ons tapas platters vir middagetes. Verder is ons oop vir ontbyt Woe tot Sat, vanaf 9h, en Sondae doen ons ‘n heerlike Boerekos koestertafel! Ons spesialiseer in enige funskie, van trou tot doop, verjaarsdae, baba-tees en alles tussen-in. Plus ons het 4 dubbel kamers vir akkommodasie ook! Gasvryheid en persoonlike aandag bly ons sterkpunte. Om by ons te kom eet is om ons in te nooi in jou familie, want jy is alklaar aanvaar in ons sin. Laughing Chefs – steeds Ma en dogter, maar nou lag en kook ons in Afrikaans!

Laughing Chefs

Pretoria East


Esrida 0725114946
Maggie 0828237846

info@laughingchefs.co.za

Connect with us

 
 



 
 
 
Laughing Chefs Pretoria East caterers in South Africa

Sign up with your email address to receive news and info as it breaks. We promise we will never spam you, sell your info or forget that you are the reason we are doing this.

Plus you can unsubscribe anytime you want!
* = required field

powered by MailChimp!

What can we help you with?

  • SERVICES
    • Wedding catering
    • Private cheffing (In-home entertainment)
    • Corporate catering
    • Baby showers and Kitchen teas
    • High Teas
    • Grazing Tables & Nibble Boards
    • Platters and Canapes
    • Cakes and Bakes
    • Gifts and Favours
    • Workshops and Team Building
  • BLOG
  • Gallery
  • CONTACT US
    • PRIVACY POLICY

Previous posts

March 2021
M T W T F S S
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  
« Aug    

Category Posts

  • Cool Groomsmen Gifts for a Hot Summer Wedding August 27, 2020
  • Why booking a private chef is the new going out, Laughing Chefs private chefs
    Why booking a private chef is the new going out July 30, 2020
  • How to plan a backyard wedding, Laughing Chefs caterers Pretoria East
    How to Plan a Backyard Wedding July 23, 2020
  • Laughing Chefs vouchers and gift cards, Pretoria caterers, wedding catering, celebration and event catering
    Vouchers and gift cards April 29, 2020

Sign up with your email address to receive news and info as it breaks. We promise we will never spam you, sell your info or forget that you are the reason we are doing this.

Plus you can unsubscribe anytime you want!
* = required field

powered by MailChimp!
Follow @https://twitter.com/LaughingEsrida
Pretoria East
Gauteng


Maggie 0828237846
Esrida 0725114946

info@laughingchefs.co.za


Get in touch!

    

Archives

Pages

  • Gallery
  • LAUGHING CHEFS
  • PRIVACY POLICY
  • SERVICES
    • Baby showers and Kitchen teas
    • Cakes and Bakes
    • Gifts and Favours
    • Grazing Tables & Nibble Boards
    • High Teas
    • Platters and Canapes
    • Workshops and Team Building
    • Private cheffing (In-home entertainment)
    • Corporate catering
    • Wedding catering
  • BLOG
  • CONTACT US
Theme by Bloompixel. Proudly Powered by WordPress
Stay in the loop - subscribe to our mailing list... it's FREE!
We promise we will never spam you, sell your info or forget that you are the reason we are doing this. Plus you can unsubscribe anytime you want!