Die kinders sit en tande tel

Die kinders van vandag. Blykbaar word hulle slim gebore. My oudste kon nog nie eers gepraat het nie toe weet sy al hoe om videos te speel op haar Oumagroot se foon, en speletjies op haar Ouma se foon. En nou met die tweede ene het ek dit bevestig – êrens in die moederskoot leer hulle al wat ‘n afstandbeheerder is, en word die liefde vir een gevestig. Want nie een van my tweetjies kan dit uitlos nie! Ons moderne kinders word net anders groot. Hulle word omring met tegnologie, wat nou weer sy eie uitdagings skep, in ‘n kultuur van gerieflikheid. Alles is vinning en hard en kleurvol en ons kinders word groot met die idee dat dit wat op ‘n skerm vertoon so na aan werklikheid is as wat dit kan kom. My kinders het my laat besef dat ons gejaagery eintlik niks laat vinniger gebeur nie. As te ware, hoe meer haas hoe minder spoed. Tog jaag ons voort. En dan wonder ons hoekom ons kinders soms dwarstrek.

Ek verlang na ‘n tyd toe kinders nog kinders kon wees. Toe hulle nie op 4 jaar oud gedwing geword het om in ‘n klaskamer te sit en leer nie. Toe hul vaardigheidsvlak nie afgehang het van hoe oulik hulle met Mamma en Pappa se rekenaar kan regkom nie. ‘n Tyd toe kinders kaalvoet geloop het tot Hoërskool toe, lees nie ‘n volksvreemde tydsverdryf was nie, en klim-en-klouter deel van hul daaglikse aktiwiteite was. As kinders het ons graag boom geklim, en moes ons gereeld ‘n grootmens nader roep om my jongste boetie uit die boom te kom help. Hy het altyd tot op die hoogste punt probeer klim, en kon dan nie self af nie. Sommige van vandag se ouers sou ‘n oorval gekry het – om voor ‘n skerm te sit is dan soveel veiliger! Dalk dra dit by tot ons kinders se liefde vir in die huis wees, ons moedig hulle nie noodwendig aan om buite te gaan speel nie. Of ons het nie ‘n buite nie. Baie van ons bly in klein hokkies sonder ‘n tuin, en die naaste parkie is gewoonlik vuil en onveilig. Oor naweke wil ons graag bietjie uitkom as ‘n gesin, en dan waar eindig ons op? By een of ander ketting-restaurant waar die kinders moet sit en tande tel. Of as ons gelukkig is by ‘n kinder-vriendelike restaurant, gewoonlik gekenmerk deur slegte diens, hoë pryse vir die gewone kos, en gewoonlik niks om oor huistoe te skryf nie. Maar tenminste kan die kinders hulself besig hou.

Nou hoekom hierdie lang storie? Want by Laughing Chefs Boersjiek het ons besluit om werklik kinder-vriendelik te wees. Ons bied veilige speelplek vir die kinders, hetsy op ons klimrame of die veldperk waar ons ook pieknieks hou. Ons twee klein hondjies, Ruby en Peppa, is die vriendelikheid vanself en mal oor kinders. Of eerder kinders is mal oor hulle. Ons kos is heerllik, vir beide jong sowel as ouer palette, ons pryse billik, en ons diens vriendelik! Wat meer wil jy dan hê? Oor naweke spits ons ons op die familie toe. Kom kuier gerus op ‘n Sondag vir ons Boerekos Koestertafel middagetes, en laat die kinders so ‘n bietjie kaalvoet rondhardloop. En wanneer hulle moeg gehardloop is kan hulle rustig sit en boeklees, of op ons tekenmuur hul kreatiwiteit uitleef. Die ouer lede van die gesin kan sit en kuier, oor ‘n glas wyn of ‘n koue bier, of die beste koffie in Pretoria Oos. Meeste Sondae harldoop my eie dogtertjie daar rond, kaalvoet en baie vuil. Met die honde agterna, en soms haar Ma ook! So al kom kuier julle nie vir die kos, geselskap, of uitstappie uit die stad, kom kuier dan vir die kinders se onthalwe. By ons sit hulle nooit net en tande tel nie!

2 Replies to “Die kinders sit en tande tel”

  1. obviously like your web-site however you have to take a look at the spelling on several of your posts.
    A number of them are rife with spelling issues and I in finding it very troublesome to inform the truth
    nevertheless I will certainly come again again.

Leave a Reply

Your email address will not be published.